July 21, 2001
Hallo Almal,
Hier by ons gaan dit
baie goed. Die somer is nog lekker warm
en ons geniet dit baie. Ek hoor dat dit
lekker koud is in Suid-Afrika, so ek geniet die warmte BAIE. Ek luister na Radio Sonder Grense op die
Internet en hulle saai nou die weer uit vir Suid-Afrika. Pretoria is vannag minus 2 grade….brrr baie
koud! Hulle verwag sneeu op die
Drakensberge. Laat mens sommer na
Suid-Afrika verlang! Die webwerf is www.rsg.co.za … ek vind gister ook Afrikaanse
rekenaarterme op ‘n webwerf en dis nogal oulik!
Ek en Neels is heeltemal ver-Engels met die rekenaarterme.
Ek sit nou al die hele somervakansie saam met die kinders by die huis…BAIE LEKKER! Propel het ‘n besigheidsbesluit geneem om die “e-commerce” gedeelte van die sagteware produk wat ons geskryf het te stop. Dit het beteken dat 50 mense afbetaal is. Twee kantore het toegemaak, ons s’n in Folsom en die een in Oakland. Propel het vir ons 3 weke betaling gegee wat nie te sleg was nie. Die platform gedeelte van die produk word nog steeds ontwikkel en hulle gaan voort met daardie deel van die besigheid. Dit alles kom daarop neer dat ek weer een of ander tyd moet aansoek doen vir werk. Wel….nie nou dadelik nie, want ek geniet dit so om saam met die kinders by die huis te wees. Die somervakansie van die kinders is van 8 Junie tot 21 Augustus. Lekker lank. Ons het toe die somervakansie program gekanseleer, omdat ek in elk geval by die huis is. Die plan is nou dat ek sal begin soek vir werk sodra die kinders teruggaan skool toe.
Ons dae gaan sommer vinnig verby, daar is sooooo baie dinge om te doen! Ons bou ‘n legkaart van 750 stukke en dit gaan heel goed, ons is nog nie klaar nie! Ek het die kinders ook ingeskryf op ‘n leesprogram wat die biblioteek die vakansie aanbied. Die naam van die program is “Don’t bug me I am reading”. Die hele program is ‘n gogga tema, nogal heel gepas en oulik! Hulle het elkeen ‘n pamflet gekry met ‘n “caterpillar” op. Dit is ‘n wurm wat in ‘n vlinder verander. Die kinders moet elke dag 15 minute lees vir 42 dae en dan kleur hulle ‘n blokkie op die wurm in vir elke dag se lees. Ons het laas week die 21 dag mylpaal behaal en hulle het elkeen ‘n geskenkbewys gekry vir ‘n roomys. Ons het vandag na karate die roomys gaan eet en Christo was veral beïndruk met die feit dat hy sy roomys verniet gekry het! Nogal groot motivering vir lees!
Verder bied die gymnasium waaraan ons behoort ook programme vir kinders aan soos “kids on the move”. Dit is baie oulik want vir ‘n uur doen die kinders dan oefenige. Kry so bietjie suurstof in hulle breine vir die vakansie! Dit word op Maandae en Woensdae aangebied. Verder het ek die kinders ook ingeskryf vir swemlesse by die gymnasium. Hulle het al altwee twee weke se swemlesse agter die blad en ek het hulle weer ingeskryf vir die volgende vlak van 6 Augustus tot 16 Augustus. Die kinders swem so baie, dat ek gedink het dit is ‘n goeie idée om hulle te leer swem! Dinsdae en Donderdae is dit Karate en Vrydae gaan ek gewoonlik biblioteek toe. Ons doen ook “huiswerk” elke dag vir ‘n uur. Dan sit ek met die kinders en lees boeke en doen wiskunde ens, net om hulle breine aan die gang te hou vir die lekker lang vakansie! Soos ek sê my dae is baie vol en ons geniet dit sommer BAIE!

Wiekus
en Christo het hulle goue belde in Karate gekry op die 1st
Junie. Hulle het albei die toets
geslaag. Hulle geniet die karate sommer
baie en hulle lyk vir my te “cute” in hulle karate pakke. Wiekus is heel agter op die groep foto. Dit was ‘n groot storie die belt promosie
geleentheid. Hier is nog ‘n foto van die
twee by die huis met hulle goue belde.
Hulle is baie trots daarop.
Op die 8ste Junie
het my ouers kom kuier en dit was baie lekker gewees, net bietjie kort! Ons het in die tydjie wat hulle hier was na
die Redwood woude gaan kyk. Die webwerf
is http://www.nps.gov/redw/
Daar het ons die
mooiste grootste bome gesien. Hier is
Christo in een van die uitgeholde boomstompe.
Ons het sommer baie foto’s geneem van die pragtige bome. Die eerste boom wat ons gesien het is die
“Immortal Tree”. Die boom is omtrent 950
jaar oud. Weerlig het die boonste punt
afgeslaan in 1908. In 1964 het die boom
‘n vloed en bosbrand oorleef. Die oorspronlike hoogte van die boom was 298
voet en hy staan nou op 248 voet. Die
deursnee van die boom is 14 ½ voet op die bodem en 3 voet aan die bokant. Die boom is so groot dat hulle ‘n paar huise
met die boom kan bou….hier in Amerika bou hulle mos hout huise J . Die
boom is regtig groot en pragtig. Geen
foto kan werklik wys hoe
mooi die boom is nie! Daar is ook ‘n
boom waardeur karre kan ry. Hierdie bome
is reuse! Ons het die dag deur die
Redwoods gery en toe beplan om al langs die see terug gery na San
Francisco. Ons het net so ‘n ent gery, toe word Wiekus karsiek
van al die draaie en kronkels. Ek het
hom nogal jammer gekry. Ons het toe
besluit om eerder hoofweg te ry, want
hierdie kronkels en draaie het die arme kind nie goed gedoen nie! Die
see was ook
pragtig om te sien…die klein bietjie wat ons gesien het. Hier is ook ‘n foto van
Wiekus na hy opgegooi het. Hy lyk sommer baie beter na sy voete weer op vaste aarde is!

Verder het ons
baie lekker gekuier by die huis. Die
kinders het saam met Oupa
tuingemaak. Ons het ‘n groente tuin in
April / Mei geplant en die groente kom nou mooi aan. Ons het al aarbeie, tamaties, eiervrug en
suurlemoen komkommers geëet. Christo is
veral trots op sy suurlemoen komkommer.
Toe ek gaan plantjies koop het om te plant het een van die werknemers
vir my gesê die suurlemoen komkommer is baie lekker. Dit is so ‘n klein geel komkommertjie wat
baie lekker na suurlemoen ruik, maar hy proe nes ‘n gewone komkommer. Hier is ‘n foto van Christo wat so trots is
op sy plant! Julle moet mooi kyk want
die komkommer lyk nes ‘n tennisbal. Die
eiervrug is ook baie lekker. My plantjie
het 3 eiervrugte aan en ons het al een geeët.
In die agtergrond op die tweede foto kan julle die tamaties ook sien
(hulle is nog groen). Die groente tuin
is nou omtrent ‘n wonderwerk. Die
kinders vind dit veral baie fasinerend dat die groente so mooi groei en mens
dit kan eet.
Verder het Christo en
Wiekus ook ernstig begin soek na gogga’s.
Orals waar hulle gaan bespreek hulle al die gogga’s op die plante. Christo het ook by die skool geleer dat
“aphids” die plante eet. Die gogga is so
klein dat mens dit nie met die blote oog kan sien nie. Christo het my vertel dat Lady Bugs eet die
“aphids”. Wel, hulle het al ‘n menige
lady bug gevang en op die plante gaan sit sodat hulle “aphids” MOET eet. Ek dink nie die lady bugs was so baie
beïndruk daarmee nie! Oupa het toe
besluit om vir die kinders ‘n gogga vang speelding te koop en ook ene wat die
gogga’s kan vergroot onder ‘n vergrootglas.
Dit is nou baie oulik en het die kinders baie besig gehou, en hou nog
steeds besig! Christo het toevalig die
aand slaapklere aan met die tema “Big bug hunt”. Toe die sproeiers aangaan in die tuin, is hy
reg om te gaan gogga’s vang (sy ma het vir hom vertel dat die gogga’s uikom na
die sproeiers aangaan). My plek raak al
min en ek wil nog baie vertel…so ek gaan begin afskaal.

Ouma
en Oupa se kuier was BAIE lekker! Hier
is die foto van die kinders die dag na hulle vertrek het!
Wiekus het ook vir 3 dae
na ‘n kerkkamp gegaan in Westminster Woods.
Dit was van 11 Julie tot 14 Julie.
Ek het BAIE na hom verlang, maar hy het die kamp baie geniet. Die kamp is in samewerking met die
Presbyteriaanse gemeentes gereël. Ons
het sy tassie gepak, slaapsak gekoop en hom gaan aflaai. Die kamp is so 3 ure se ry van ons huis
af…nogal baie vêr. Hier is 2 foto’s van
voor sy tent toe ons hom afgelaai het en die regterkantste foto is toe ons hom
weer gaan haal het. Hy was vuil en moeg!


Ek moet
nou eers die brief afsluit….tot later,
Liefde Karina & gesin!