November 18, 2001

 

Hallo Almal,

 

 Vandag het ek besluit om weer ‘n briefie te skryf….yippie!!!  Vandat ek by die huis is, is daar nie veel om oor te berig nie, behalwe oor wat die kinders elke dag doen.  Ek neem baie foto’s van die kinders met die digitale kamera, so hierdie gaan ‘n brief wees oor wat die kinders doen!

 

DSC00010DSC00008DSC00005Ek sien dat ek in Augustus laas ‘n brief geskryf het, en dit is eintlik hoog tyd dat ek weer skryf.  As ek so na die foto’s kyk, sal ek darem ‘n paar bladsye vol kan skryf van die kinders.  Eers moet ek begin by die vakansie (dis nou die laaannngg vakansie wat die kinders in Junie / Julie / Augustus gehad het).   In my Julie brief het ek genoem van die kinders se lees program oor die somervakansie.  Die naam daarvan was “Don’t bug me I’m reading!”    Vandat die skool die 21ste Augustus begin het, het hulle ‘n roomyspartytjie gehou vir die kinders wat suksesvol hulle leesprogram voltooi het.  Wiekus en Christo was deel van die groep kinders wat gelees het hierdie vakansie.  Die skool het op  11 Oktober die partytjie gehou.  Hier is ‘n foto van die twee seuns en hulle yummie roomys.  Dit is nou motivering vir lees!

 

Daar gebeur so baie goed in die skole, dat dit soms oorweldigend is.  Die Amerikaners hou baie van partytjies en wat ook al.  Wiekus se klas het ‘n week na die roomyspartytjie ‘n Hawaii partytjie gehou.  Dit was deel van hulle Aardrykskunde klas.  Hulle het Hawaii bespreek en al die inligting daarom.  Daarna het hulle ‘n partytjie gehou waar hulle aktiwiteite gedoen het soos om DSC00015DSC00012die vlag van Hawaii in te kleur,  Hawaii prentjies te teken en hulle het eetgoedjies gekry.  Hier is foto’s waar DSC00022Wiekus teken en waar hy die Hawaii vlag inkleur.  Al die Graad 2’s het dit baie geniet. 

 

DSC00036Vandat ek by die huis is, help ek Donderdae en Vrydae by die skool (ek is ‘n “volunteer” ouer).  Aan die begin van die jaar word die ouers gevra om te help waar hulle kan.  Ek geniet dit baie.   Christo is nou in Graad 1 en ek gaan help uit met Wiskunde, Begripstoetse en Biblioteekdiens.  In Wiekus se klas help ek met die leesperiodes op ‘n Donderdag en ‘n Vrydagoggend.  Dit is vir my baie insiggewend oor hoe die Amerikaners klas gee en wat alles in die skool gebeur.

 

Die kinders gaan skool van 8:15am tot 1:30pm.  Dit is nogal ‘n lang skooldag vir sulke klein kiddies.  Hulle ry met die bus, so as hulle huistoe kom na skool is  hulle gewoonlik HONGER!  Miskien is daar ‘n wurm of twee wat saam eet, ek weet nie.  Ek lees deesdae resepte boeke vir ‘n stokperdjie!  Ek het al baie lekker goodies gebak, en ek geniet dit baie.  Hier is Christo besig om ‘n koekie vir homself te versier na hy by die huis gekom het.  G’n mens weet hoekom hy op die stoel moes staan en versier nie, maar nou ja!

In Oktober was Wiekus se klas ook op ‘n Field Trip na die “Effie Yeaw Nature Center” (http://www.effieyeaw.org/).  Wiekus was baie beïndruk hiermee.  Ons het die oggend 10:30 vertrek.  Daar aangekom het die kinders middagete geniet.

DSC00004

Na al die kinders middagete geëet het, het die natuurbewaarders ons deur die Sentrum geneem en ons alles vertel van die diere wat in hierdie park bly.

 

DSC00026DSC00016Voor ons op ‘n staptog deur die park gegaan het, het die kinders ‘n geleentheid gekry om aan ‘n slang te vat.  Wiekus was so beïndruk daarmee!  Hy het die slang gevryf en gedink dit is die beste ding ooit.  Solank hy nie vir my vra om ‘n slang aan te hou vir ‘n troeteldier nie, is ek heeltemal reg daarmee.  Die foto wat ek geneem het is van Wiekus nadat hy die slang gevryf het.  Soos julle kan sien is sy handjie omgekeer.  Die kinders moes die slang vryf met die agterkant van hulle hande, omdat dit die skoonste deel van hulle hande was.

 

Na die stappie in die veld was almal vreeslik dors.  Wiekus se onderwyseres, Mrs. Vota het gaan help met die water drinkery. Die foto is bietjie klein, maar dit is  Wiekus wat daar water drink.

 

Ek sien ek is al op bladsy 3 en ek is nog nie eens by die kinders se verjaardae nie….  Nou voor ek by hulle verjaardae kom, wil ek eers ‘n paar foto’s insit van hulle skool projekte.  Op ‘n dag moes ek “play dough” maak vir die kinders…..en was dit nou pret gewees.  Dit word gemaak met meel, olie en BAIE sout!  Wiekus moes sy weeklikse spelwoorde daarmee spel, maar dit was omtrent DSC00007‘n “tricky” besigheid.   Ek moet bysê, dit het baie pret voorsaak!

 

DSC00001DSC00008Eers moesDSC00003 hulle bietjie speel met die deeg  voordat hulle ernstig kon spel!  Christo het ‘n paar van my koekie drukkers uit die kas gaan haal en lekker koekies uitgedruk.  Daarna het hy darem die word “the” gespel.  Hierdie was eintlik Wiekus se huiswerk, maar Christo was baie gewillig om saam te speel.   Wiekus het nogal gesukkel om die deeg mooi te kry om te kan spel.  Ons het net 2 woorde gespel en die res het ons maar op papier gaan skryf!

 

Hier is ook ‘n foto waar ek Christo se hare sny.  Ek het besluit ons spaar die winter so bietjie geld en ek sny sommer self die kinders se hare.  Hy was nie vreeslik beïndruk daarmee nie!    Hy het die hele tyd sy gesig vreeslik getrek vir my…ai toggie!   So, voor my plek nou opraak wil ek gou nog vertel van die kinders se verjaardae.

DSC00066Hierdie jaar het ons nie partytjies gehou vir die seuns nie.  Ek het vir altwee ‘n karretjie koek gebak.  So ‘n regte nuwe Suid-Afrikaanse karretjie…donker bruin!  Ek sal nie sê ek is ‘n baie kunstige persoon nie, maar die karretjie het darem nie te sleg gelyk nie.  

DSC00061Ek kan nie glo hulle is nou al 7 en 8 jaar oud nie, die tyd vlieg vinnig verby!  Ons het ‘n paar dae aan hierdie koek geëet.  Die ironie was dat Christo hierdie jaar siek was op sy verjaardag en hy kon nie skool toe gaan nie.  Wiekus het eers die week daarna siek geword op “Halloween”.  Hy het sommer opgegooi, so Halloween was vir hom heeltemal uit.  

 

 Ja, en nou eers vertel van Halloween.  Dit is vir my sommer net ‘n mors van geld, hierdie Halloween storie!  Die kinders is altyd baie opgewonde daaroor, want vir hulle is dit sake vol lekkersssssss.  Hierdie foto is geneem ‘n paar dae voor Halloween en Christo kon nie besluit hoe hy moes lyk vir Halloween nie.  Die kinders is so lief om kostuums aan te trek!   Op die ou end het hy toe gegaan as Batman.

DSC00022

 

 

 

 

 

 Links is ‘n foto van Christo (aka BATMAN) by die kerk se Halloween partytjie die Sondag voor Halloween.  Ek wou nog ‘n foto insit van ons Biltong makery en Thanksgiving, maar my plek is op.  Tot later.

Liefde Karina