August 18, 2002

 

Hallo almal,

Ek sien vandag dat ek 6 maande gelede ‘n brief geskryf het…..hmmm, ek was ‘n bietjie besig gewees.  Noudat die laaaannnggg somer vakansie op ‘n einde is, begin ons weer met die ou roetine.   Die skole begin weer Dinsdag, 20 Augustus.  Ek moet bysę dat dit die langste en lekkerste vakansie ooit was.  Ek dink die kinders het dit ook baie geniet en ons is nou almal reg om terug te gaan skooltoe.

DSC00013

Die kinders doen nog steeds karate en hulle is nou blou belde.  Ons het ingeskryf tot die einde van die jaar, dan sal ons van daar af moet besluit of die twee aangaan of nie.  Hier is hulle in hulle blou belde.  Op die tafel kan julle die Gladiolas sien.  Dit is bolle wat hierdie jaar in ons tuin gegroei het.  Hulle is vreeslik mooi. 

 

DSC00006Ek het ook vir Christo ingskryf vir die sokker seisoen.  Hy wil vreeslik graag sokker speel, die seisoen is van Augustus tot November.  Hulle oefen 2 keer ‘n week en naweke speel hulle wedstryde.  Hy geniet dit sommer baie en hy kry ook lekker oefening.  Die vakansie het hy ‘n sokkerkamp gedoen, en hier is ‘n foto van die sokkerkamp.  Christo sit bo-op sy bal.  Hy het sulke lang groen sokkies aan.  Onder die sokkies het hy “shin guards” aan….ek weet nie wat is die Afrikaans daarvoor nie.  In elk geval, dit beskerm sy bene.  Hulle dra ook spesiale skoene vir die sokker spelery.

 

DSC00009DSC00009Nou ja, terug na die hede….  Ons het eergister (Vrydag) teruggekom van ons vakansie in Kauai.   Dit is een van die Hawaiise eilande wat ons besoek het.  Hier is ‘n kaart van die eiland.  Die geskryf is bietjie klein, maar ons het op Princeville by die “Ka’Eo Kai oord in Pahio” gebly.  Dit is Noord op die kaart.  Ons het 8 Augustus gevlieg van San Jose na Los Angeles en toe direk na Lihue lughawe op Kauai.  Die vlug van Los Angeles na Kauai was 5 ure en 47 minute gewees.

 Die eiland is nie baie groot nie, ons het in die tyd wat ons daar was die hele eiland deurgery van eenkant na die anderkant en dit het ons so 3 ure geneem.  Ek het altyd gewonder hoe dit daar gaan lyk, en of die strande regtig so mooi is as wat hulle sę.  Ek was heel verbaas gewees….dit lyk presies soos op al die poskaarte!  Die see is helder blou en die strande is mooi skoon.  Die weer was heerlik gewees, met ‘n hoë humiditeit wat dit net lekker gemaak het om in die see te swem.  Die foto op die vorige bladsy is van ons kamer af geneem.  Kyk net daai mooi blou see in die agtergrond.  Regs is ‘n foto van die oord waar ons gebly het.  Ons het ‘n lekker groot kamer gehad met al die fasiliteite van ‘n klein woonstel.  Ons het baie goed gedoen in die tyd wat ons daar was.   

 

DSC00057Sondag het ons besluit om ‘n toer te doen wat een van die baie toeriste plekke aanbied.  Dit het bestaan uit ‘n hele dag toer, waar ons dan vir 30 minute met ‘n helikopter oor ‘n deel van die eiland vlieg, ‘n uur se bootrit na die Varing grotte en die res van die tyd het ons met ‘n bussie die gewildste plekke besoek.  Dit was ongelooflik, ek dink veral die helikopter vlug was die hoogtepunt van ons besoek gewees.  Hier het Neels ons afgeneem in die helicopter.  Christo was vreeslik in sy skik met die helikopter en het elke oomblik geniet.  Ek het so baie foto’s geneem en ek het so min plek in my briefie…. nou sal ek bietjie selektief moet kies en keur.

DSC00066Ons het die mooiste watervalle gesien.  Een van die plekke wat ons gesien het, was die plek waar dit die meeste reën op aarde.  Dit is die “Mt. Waialeale” berg en die 3400’ voet waterval Namolokama.  Neels het die foto regs uit die helikopter geneem.  Dit is ‘n paar van die baie watervalle wat ons gesien het.  Soos julle kan sien het ons in die wolke gevlieg…letterlik en figuurlik! J

 

DSC00116DSC00091Na die helikopter vlug het ons die bekende vuurtoring Kilauea gaan besoek.  Daar is ook ‘n voëlpark wat mens kan besoek.  Dit was nou maar eenmaal net ongelooflik. Die voëls wat ons gesien het was baie en regtig mooi.  Selfs die plantegroei op die eiland is fantasties.  Ek het die foto van die vuurtoring verklein.  Op die voorgrond is Christo en Wiekus, maar hulle is bietjie klein.  Soos julle kan sien was dit bewolk gewees, maar dit het ons gladnie gepla nie.  Soos die mense sę, jy wag net 5 minute dan reën dit gou-gou en dan is dit klaar vir die dag!  Soos ek sę ons het die Varing grot ook besoek op die toer.    Ons het met die Wailua rivier opgevaar met die boot, dit was ‘n stappie terug in die verlede van Kauai.  Op die boot het die inwoners ons ook vermaak met ‘n bietjie “Hula” danse.  Ons was almal moeg na die lekker dag uitstappie gewees!

Ons het ook lekker gaan swem by die see terwyl ons daar was.  Ek dink die wonderlikste vir my was toe ons gaan snorkel het.  Ons het by die “Tunnels” strand gaan snorkel in die rif en wat my stomgeslaan het, is dat mens saam met die visse swem.  Ek meen, dis nie sommer net ‘n tuna vissie nie, dit is al hierdie eksotiese visse.  Van die visse wat ons gesien het was die “Spotted Boxfish”, Saddle Wrasse en die Moorish Idol (Die name is van links na regs.)

Spotted BoxfishSaddle WrasseMoorish Idol

DSC00185Nou ja, ek moet seker die enigste foto insit van hoe ons gelyk het met ons snorkel toerusting aan.  Neels het die foto geneem, so hy is nie op die foto nie, maar ek en die kinders is wel.  Ek is nie baie mal daaroor dat ek in my swemklere op ‘n foto is nie, maar ten minste kan julle ‘n idee kry van hoe ons gelyk het!  Die tweede keer toe ons gaan snorkel het, het ons nie vir die kinders padda voete gekry nie.   Hulle het sommer aan my of Neels vasgehou en dan het hulle saam met ons geswem.  Christo was so snaaks, hy het so opgewonde geraak, dat hy wil praat met die snorkel in sy mond.  Dit het so snaaks geklink!  

DSC00166DSC00145Ons het ander strande ook besoek.  Ek dink nie ons was by elke strand nie, maar ons het wel by die meeste uitgekom.  Al die strande is nie snorkel strande nie.  Daar is swem strande ook.  Wiekus het dit die meeste geniet, en hy het ure in die sand gespeel.  Die foto’s wat ek insit is van “voor” en “na” swem.  Dit was so oulik, hulle speel hulle harte uit en toe ons in die kar klim, toe slaap altwee ‘n hond uit ‘n bos uit.  Soos julle kan sien het Christo dit nie gemaak met die regopsit en slaap nie, hy het sommer omgeval!

 

DSC00179Een van die tradisionele items wat ons bygewoon het was ‘n Luau.  Almal het vir ons gesę dat dit een van die moet goed is wat ‘n mens moet doen.  Dit het ons bietjie blootstelling gegee aan die inwoners se kultuur.  Ons het na die Gaylords Luau gegaan aan die suide kant van die eiland.  Dit het die aand 6 uur begin tot laat…ons het nie so laat gebly nie, vir die kinders se onthalwe.  Die inwoners maak ‘n vark gaar in ‘n oond onder die grond.  Dit het die hele dag gevat om die vark gaar te kry, maar dit was heerlik.  Daar was baie mense gewees, en terwyl ons gewag het vir ons beurt om kos te kry het die inwoners ons ook vermaak met regte Hawaiise danse.

DSC00181

 Daar is nog baie goed wat ek nie kan inkry op my briefie nie, my plek op is!  Ek moet nou maar afsluit.  Ons het ‘n baie lekker vakansie gehad en ons sal dit graag weer eendag wil doen.  Ons het moeg maar gelukkig by die huis gekom. 

DSC00015

Ek hoop dit gaan goed met julle almal. 

Baie liefde,   Karina