February 24, 2002

 

Hallo Almal,

 

BAIE KOUD Hmm, ek moet seker my luiheid laat staan en weer ‘n briefie tik….  Baie het gebeur van Kersfees en NuweJaar verby is.  Maar, eers wil ek vertel van ons vakansie in Oregon oor Kersfees, natuurlik was dit baie lekker en                (brrrrr) gewees.   Ons het in Klamath Falls gebly in Oregon, dit is net oor die California grens.  Ons het so 5 ure gery, dus was dit nie te vêr nie.

 

Wel…. nog voordat ons op vakansie gegaan het, het die kinders GROOT partytjies gehou by die skool.  Links is ‘n foto van Christo se klas se Kerspartytjie en regs is ‘n foto van

DSC00017DSC00028Wiekus se klas s’n.

 

DSC00032Nou eers weer terug na ons vakansie in Klamath Falls, Oregon.  Ons het tuisgegaan by die “Running Y Ranch” vakansieoord.  Die plek was mooi wit van al die sneeu.  Die kinders was so bly om bietjie in die sneeu te kan speel!  Die eenheid waar ons gebly het, kan 6 mense huisves.  Dit was ‘n 2 slaapkamer met 2 badkamers, sitkamer en kombuis.  Die foto regs is die gebou waar ons gebly het.  Soos julle kan sien lê die sneeu dik.  Ons het op die onderste verdieping gebly.

 

DSC00083Die foto (onder) het Neels geneem van ons uitsig van die balkon af.  Dit was nogal lekker om wakker te word in die oggende en so ‘n mooi uitsig te hê!  Onder is ‘n foto van die kombuis.  Al die meubels was van ‘n mooi hout gemaak.  Dit het ‘n regte “cozy” indruk geskep.  Die kombuis is ook baie goed ingerig gewees, met stoof, mikrogolf en skottelgoedwasser.

Omdat dit so koud was, het ons nie baie “sightseeing” gaan doen nie.  Ons het so 3 oggende na Klamath Falls gery.  Die oord waar ons gebly het is so 10 minute se ry van die dorp Kalmath Falls.  Ons het vir ons ‘n paar video’s gekry en bietjie opgevang met die nuutste flieks!  Een dag het ons ook na ‘n wildreservaat gegaan in Klamath Falls.  Dit is eintlik meer ‘n voëlpark, maar ons het nie baie voëls gesien nie…seker maar te koud gewees vir hulle!  Hier is ‘n foto van ‘n arend wat maar koud kry!  Nog ‘n dag het ons na Crater Lake gery, maar dit was so bewolk en dit het gesneeu dat ons nie veel gesien het van die dam nie.  Eintlik het ons gladnie die dam gesien nie, maar ons kan wel sê dat ons daar was!  Regs is ‘n foto van die inligtingsentrum by Crater Lake, soos julle kan sien het dit BAIE daar gesneeu.  Crater Lake is net Noord van Klamath Falls in Oregon……  En so het die tyd vinnig verby gegaan en toe moes ons weer terugkeer huistoe!  Links is ‘n foto van die GPS (Global Positioning system) stelsel wat Neels gebruik het, sodat ons nie verdwaal nie.  Die stelsel kommunikeer met sateliete om ons posisie op ‘n elektroniese kaart aan te dui.  Soos ons ry, kan ons mooi sien hoe ons op die kaart beweeg.  Dis nou ‘n man wat hou van tegnologie!

DSC00089_cropDSC00076DSC00050_cropDSC00092DSC00086Ek het nou net gedink ek is klaar met nuus oor ons vakansie, maar hier is ‘n paar foto’s van goed wat ons gedoen het om ons besig te hou.  Minatuur snoeker gespeel, sjokolade fondue gehou.  Spore in die sneeu gemaak, gespeel in die parkie op die swaaie…en voor ek vergeet, ons het Kersfees gehou!  Christo se grootste bekomernis was dat  Kersvader nie gaan weet waar ons vakansie hou nie!

DSC00022DSC00003Nou ja, terug na die hede…. Ek het so ‘n paar naweke terug ook beskuit gebak.  Hier is ‘n foto van my poging!  Die beskuit is nogal heel lekker.  Dit is net voor ek dit uitgedroog het.  Ek het die resep by my vriendin se ma gekry en ek moet sê dit het was ‘n baie groot sukses.  Ons maak nou ons eie boerewors, beskuit en biltong…ons bring bietjie Suid-Afrikaanse kultuur na Amerika!

DSC00005Dodge Van_17Ons het baie dinge gedoen in Januarie…onder andere moes ons ‘n nuwe kar koop.  Dit is ‘n blou Dodge Grand Caravan en hy ry baie lekker.  Dis ‘n 3.8L V6 enjin. Wat lees aanbetref, ons is nou al by die derde boek van Harry Potter…. Ons het so bietjie gesukkel om Christo ook op die foto te kry! J   Christo het ook in Januarie sy twee melk-voortandjies verloor.  Hy was vir ‘n hele ruk ‘n haasbekkie.  Die foto van die seuns in ons bad was toe Christo sy tand verloor het, maar mens kan nie die haasbekkie mooi sien nie….hulle bad ook nie altyd in ons bad nie, dit is net bederf !!!!

WC_Brei_3Noudat ek al op my 5de bladsy is, moet ek begin klaarmaak.  My brief kan net 5 bladsye lank wees, want dan betaal ek net $1 vir posgeld!  Daar het baie dinge in Februarie gebeur.  Ek sal nie van alles kan vertel in een bladsy nie, maar ek moet darem so bietjie nuus los vir ‘n volgende brief.  Ek moet noem dat die mees interesantste ding wat ek gedoen het is om die kinders te leer brei.  Dit oefen hulle klein motor vaardighede, en ons het sommer pret!  Elke keer as ek ‘n uur afstaan ‘n week en ons lees ‘n hoofstuk van Harry Potter, dan brei die twee manne.  Dit is so oulik om te sien hoe hulle persoonlikehede na vore kom in die brei sessie!  Wiekus brei net vir die pret….so hy verloor steke en dis nie ‘n “big deal” nie.  Ek tel maar weer vir hom steke op en dan gaan hy aan.  Christo aan die anderkant is die perfeksionis…dit is of reg of weg.  Hy brei stadig, maar baie mooi en presies. 

C_nuwe trui_1Ek het ook vir Christo ‘n trui gebrei.  Wiekus het eers gedink dit gaan syne wees, maar die trui was te klein vir hom.  Dit was so lekker gewees, om sommer net in die aande voor die TV te kan brei.  My vriendin se ma het vir my gewys hoe om die nek te brei, want ek het nie ‘n patroon gehad nie.  Links is Christo met sy nuwe trui aan.  Hy het net opgestaan na ‘n lekker middagslapie Saterdag en dus lyk hy maar bietjie deurmekaar!  Ek het vir Wiekus toe ‘n trui begin brei van ander wol….maar die patroon wat ek hierdie keer brei is bietjie los, en dit sal vir Neels pas.  Soooo, hy het nie ‘n keuse nie, hy gaan ‘n trui kry!  Wiekus sal maar nog so bietjie moet wag vir ‘n trui! Nou ja, ek sal nou moet gaan.  Wiekus het ‘n projek wat hy moet voltooi vir skool, so ons sal dit nou moet doen.  Dit was ‘n gesels Sondag middag!  Groete aan al die mense!     Liefde Karina & gesin