April 28, 2003
Hallo almal,
Ons
het so ‘n maand lank ‘n drukker probleem gehad. Noudat hy weer reg is, nou kan ek maar ‘n
brief skryf en dit uitdruk. Ongelooflik
hoe mens so ‘n drukker mis as hy eers stukkend is!
In die afgelope 4 maande het daar baie dinge gebeur, en ek het
meeste daarvan vertel in my e-mail’s.
Ek sal so bietjie daarvan herhaal in my brief. In Februarie het ons kerk ‘n musiekprogram
aangebied “How sweet it was”. Dit was om
geld in te samel vir gesange boeke vir ons nuwe kerkgebou. Die kerk se lening is goedgekeur en ons nuwe
kerk word nou gebou. Vir die van julle
wat wil weet, dit kos $1.2 miljoen om die nuwe kerk te bou…baie geld! Hier is ‘n foto van waar hulle begin bou
het. As die nuwe kerk klaar is, dan sal
ek weer foto’s stuur.

Nou
eers terug na die konsert by die kerk.
Wiekus en Christo het altwee deelgeneem en dit was so oulik. Die hele tema was van die 1920’s tot 1950. Neels was verantwoordelik vir die
klankstelsel en hy moes lekker rondspring om al die mikrofone reg te laat
werk! Hier is ‘n foto van Neels waar hy
een Saterdag vir al die mense verduidelik het hoe die mikrofone gaan werk. Die ander foto is van Wiekus en Christo se
groepie wat “Yankee Doodle” sing.
Christo is heel links op die foto en Wiekus is heel regs.
In
Februarie het ons ook Fluffy se eertse verjaarsdag gevier…die kinders het gesê
ek moet ‘n koek bak, toe bak ek maar cup cakes!
Ek dink die kinders het dit baie meer geniet as Fluffy…hy kon nie koek
eet nie!!! Voor op die prentjie is sy
verjaarsdag persent.
In
Maart het ons die groot taak aangepak om ‘n “retaining wall” in ons tuin te
bou. Dit is in ander woorde ‘n
muur. Dit was harde werk, ons moes eers
die dreineering regkry en dit het ‘n
paar naweke gevat om die gate te grou en die pype in te sit. Daarna het ons die stene gaan koop en grond
laat aflewer. Die muur het baie tyd
gevat om te bou, dit was so ‘n tydsame proses.
Die muur moes waterpas wees. Die
voorbereiding alleen het my ‘n dag gevat. Die eindproduk was die moeite werd, want dit
lyk baie mooi! Ons het 5 kubieke yard se
grond ingery….weet nie hoeveel dit is in Afrikaanse terme nie… Op die foto regs is Neels nog besig om grond
in te ry. Langsaan is die stene wat ons
gepak het.
Hier
is ‘n foto van die eindproduk. Ek is nog
besig om tuin te maak daar. Ek het ‘n
klomp malvas gaan koop. Dit het my so
aan Suid-Afrika laat dink!
In
Maart het Wiekus ook begin om “baseball” te speel. Hy het ons nogal verras met sy talent om die
sport te speel. Dit lyk nogal moeilik om
daai balletjie raak te slaan, en hy kry dit nogal reg. Die kinders lyk ook so oulik in hulle
uniforms. Ons het nou al 12 wedstyde
gespeel en daar is nog 8 oor. Wiekus geniet die sport baie. Neels het so ‘n paar aksie foto’s geneem van
hom.

Hierdie was vir my ‘n baie mooi foto. Ek weet nie hoe om dit te beskryf nie, maar
die punt is die oorwinning was groot!

In April het ons “Open house” gehad by die
skool. Dit is waar die ouers die kinders
se klaskamers bekyk en sien wat hulle al alles die termyn gedoen het. Die onderwysers doen nogal baie moeite met
die klaskamers en oorals teen die mure is hulle kunswerke opgesit. Die foto is voor Christo se klas geneem.
In Mei het die graad 2’s opvoering gehou. Die program se naam was “Teaching
Peace”. Die kinders het die hele jaar
daaraan ge-oefen. Hulle het die mooiste
liedjies gesing en die kinders het ook beurte gekry om te praat. Natuurlik nie al die kinders nie. Ek dink daar was so 3 kinders uit elke graad
2 klas wat gesê het wat hulle dink Vryheid beteken. Christo is gekies om te praat. Dit is wat hy gesê het daarvan: “Peace
is the right to be free. It also means
to be equal. We fight for freedom and
peace.” Dit was baie mooi gewees, en hy
het my verbaas dat hy opgestaan het en voor al die mense in die saal in die
mikrofoon gepraat het.
Laastens wil ek ‘n foto insit van Fluffy en hoe
bederf hy regtig is! Hy is so ‘n oulike
hondjie en die kinders is baie lief vir hom.
Soos ek sê, hy is ‘n regte bedorwe brokkie! Hier is sy geliefde slaapplekkie!
Ek kan nie glo dat ek al 5 bladsye vol het nie. Ek moet nou ophou. Ek wou nog vertel het van ons dag trippie na
Pt. Reyes, maar dit sal moet wag tot ‘n latere geleentheid.