29 December 2007
Liewe Familie en
Vriende,
Vandag skryf ek my
brief, want as ek my Nuwe Jaar’s voorneme nakom van laas jaar, dan moet ek ten
minste een algemene brief skryf hierdie jaar…en dan kan ek dit op my website sit, en walla, ek
het ‘n briefie, en Nuwe Jaar’s voorneme nagekom.
Hierdie
brief gaan net oor ons vakansie na San Diego, die 22ste Des tot die 28ste
Des. En eintlik ook net halfpad, want
ons digitale kamera het gebreek, dus is dit net ‘n halwe vakansie hierdie!! Wel, dit was baie lekker en vir ‘n
verandering het ons baie gedoen in die vakansie. Gewoonlik is ons winter vakansies ‘n tyd van
DVD’s kyk en lees en voor die kaggelvuur sit, maar ons was baie verras oor die
lekker weer in San Diego. Dit was ‘n week van sonskyn en nie te koud nie, dus
het ons elke dag ‘n uitstappie gehad.

San
Diego is nogal ‘n hele ent se ry van ons af, om presies te wees 400 myl soontoe
en 400 myl terug. Dit is die hele dag se
ry. Wel, met ons nuwe kar wat ons in
Augustus gekoop het, is dit eintlik nie te sleg nie. Neels het die kar baie geniet, hy ry regtig
lekker en die sitplekke sit ook lekker.
Seker die beste is dat die kinders hulle Xbox games kan
speel in die kar, en hulle kan
movies kyk terwyl ons ry. Hulle het oorfone dat hulle ons nie pla nie, dan kan ons radio luister as
ons wil. Ons het ‘n boek geluister,
Trojan Horse van Clive Cussler. Dit was
‘n baie goeie boek, ons het dit altyd in sarsies geluister en ons kon die CD klaar
luister op pad terug van San Diego.
Ons het by die Laurence
Welk Resort gebly in San Diego. Ons het by dieselfde oord gebly in Junie
2003. Toe het ons Lego
Land, San Diego Dieretuin en Sea World besoek.
Hierdie keer het ons California
Adventure park en Disneyland besoek. Die twee parke is reg oor mekaar, en hulle
adverteer California Adventure as ‘n park vir
groter kinders, terwyl Disney
Land se teiken mark
kleuters is. Wel, of jy nou ‘n kleuter is of nie, Disneyland
is darem baie mooi! Ons het so 16h30
aangekom by die Welk Resort en die son
het net begin onder gaan. Alles was so
mooi versier vir die Kersseisoen met liggies.
Dit is ‘n baie mooi oord. Ons het ‘n enkel kamer eenheid gehad, waar 4
mense kon in slaap. Die kinders het op
‘n uittrek bed geslaap wat ook ‘n sitbank is.
Daar was darem ‘n yskas, skottelgoed wasmasjien, stoof en
mikrogolf. Nou wonder ek by myself, as
ek al twee bladsye geskryf het en nog nie by die parke uitgekom het wat ons
besoek het nie….gaan een brief dalk nie genoeg wees nie…of ek gaan alles
indruk, ek is goed daarmee! Ek was
vanoggend wasgoed…al ons vakansie wasgoed en ek is al besig met my 4de
bondel..en daar is seker nog so 23,545,000 bondels oor…of dit
voel so. Ek skryf die brief so tussenin
as ek wasgoed opvou en nog ‘n bondel in die wasmasjien sit. So ek pleit onnosel as die brief nie sin maak
nie!
Terug na die
pretparke, Maandag 24 Desember het ons na California Adventure Park
gegaan. Ons was so 9:30 die oggend daar,
en daar was al klaar baie mense.



![j0355945[1]](AlgBriefDec2007_files/image010.gif)



Ek
het nie so ‘n mooi foto van die ingang van die park nie, eintlik het ek net een
foto, so ek sit hom in! Die eerste
atraksie waar ons gestop het, was die Condor Flats. Dit is ‘n rit waar mens op stoele vasgordel
en dan beweeg dit rond en voor ons is ‘n groot skerm waar ons vlieg oor California…ag, ek weet
nie mooi hoe om dit te beskryf nie. Dit was werklik ‘n baie goeie rit
gewees. Hulle
beskryf dit as “Soar and swoop over famous California
Landmarks”. Links bekyk ons nog die kaart om te sien wat
is volgende op ons lys van atraksies.
Die California
Adventure park het nie so baie oulike ritte soos Disneyland
nie, en ons het nie op baie gery nie…net so af en toe deur besienswaardighede
gestap. Regs is ons na die rit en
Christo was lus vir ‘n Cinnamon Roll en Wiekus het ‘n choc chip koekie
geeet. Ek en Neels het ‘n ice mocha
gedeel. En as julle mooi kyk, kan
julle sien dat ek ‘n yspak teen my lip hou.
Dis nou waar hulle die Mucocele uitgesny het die 21ste Des binne my
mond. As julle baie baie mooi kyk met ‘n
vergrootglas, dan kan
julle seker sien my lip was nog bietjie geswel.
Neels sê dit was nie
baie opvallend
nie…maar natuurlik het ek hom nie geglo nie.
Volgende het ons op die
Redwood
Creek Challenge Trail geloop. Die pamflet sê “Pretend you’re a Brother Bear 
as you scramble across rope bridges, slide
down hollow logs, climb rock walls and more!”
Ek het ‘n foto geneem van die padkaart voor die plek. Daar was die storie van die Millennium Tree:
“Redwoods are…ambassodors from another time.” John Steinbeck. Every tree has a tale to tell, and the tree’s
rings tell us it’s story. A California
Redwood grows by adding a new layer, or ring, of wood to its surface each year,
so counting the rings reveals the tree’s age.
Written in the rings of this fallen tree are over 1,000 years of California history from
818 A.D., when it sprouted, to 1937 when it fell.”
Die kinders het
lekker geklim en
gehardloop
op die nette. Ek het so bietjie stadiger
daaroor gegaan…ag ok, dat ek eerlik wees, ek het vasgeklou vir my lewe en baie
stadig afgegaan. Neels het net een hand
gebruik, maar ek het altwee nodig gehad!!! Nog ‘n atraksie wat ons gaan bekyk
het is die “A Bug’s Land”. Julle sal
seker die fliek onthou “A bug’s life”, dit is daarop gebasseer.


Ons
het die 3-D show gaan kyk, “It’s tough to be a Bug!” (Strap on “bug eyes” for
this humorous 3-D adventure). En dit was
nogal oulik gewees!
Ons is nie een lief
vir wilde ritte nie, toe doen ons maar die bumper karretjies. Tog maar snaaks hoe ‘n seun daarvan hou om
met geweld in ander vas te ry, maak nie saak of dit stadig of vinnig is nie,
solank hy net kan
stamp! Sjoe, ek sien nou ek het al 5
bladsye en ek is nog nie eens klaar met ons een dag by California Adventure
Park nie…laat ek maar
voortgaan. Daar was ‘n 3-D muppet show
gewees waarna ons ook gaan kyk het, hoekom nie?
Dit het gese “Watch Kermit and friends in 3D!”. Ons het ook nie lank gewag nie, wat nog ‘n
plus punt is. Vir die een of ander rede
is ek en Neels albei nie lief vir so baie mense op een plek nie, ons verkies
maar ons stilte met
min mense. Links is die muppets, en
onder is die wagkamer waar mens wag voor die 3D film begin. Daar is TV skerms op waar die muppets toneel
speel, en ek moet sê dis nogal oulik.
Ons het lekker gelag, hulle kan snaaks wees as hulle
wil…en dit maak die wagtyd baie aangenamer voor mens ingaan by die teater. Soos julle kan sien sit die mense sommer op die vloer,
daar is allerhande oulike kostuums en goed van die muppets wat daar rond
hang. Toe ons inkom neem ek ‘n deur af
wat die oulikste sê-ding op het “Department of making things more expensive
than we can afford.” Muppet 3D FX
Labs. En noudat ek by bladsy 6 trek,
moet ek vertel van ons laaste rit vir die dag…”GRR Grizzly
River
Rafting Co.” Roar down this white-water
raft adventure. Die kinders was baie
opgewonde daaroor, want mens kan
lekker nat word, en aangesien ons klaar was vir die dag het ons nie gedink dit
maak saak dat ons nat is nie! Ai, ek
moet maar bieg…ek was so naar soos ‘n hond toe ons daar klaar was…ek het my oë
die hele tyd toe gehou en aan Neels vasgehou.
Die ou skippie het maar lekker in die rondte gedraai en my maag was nie
baie lief daarvoor nie. Neels en die
kinders het dit
geniet en was glad nie naar nie! Ons het
ook nie baie nat geword nie…wat ek dink fantasties was, net genoeg dat die
kinders gelukkig was. Ons het die dag
goed afgesluit. Kersdag is ons na San Diego toe, dit is so
‘n uur se ry van ons oord af gewees. Ons
het eers langs die pad gestop by
Carlsbad,
ons was daar in Desember 2003. Ek en
Neels het
lekker
langs die strand gestap en die kinders het by die see gaan speel…dom van ons om
te dink die kinders gaan nie nat word as hulle naby water kom nie…wat kan ek
sê, ons leer nie
uit
ons foute nie!
Ons het in San Diego by ‘n hawe gestop. Daar was ‘n vliegtuig
skip, maar alles was toe want dit was Kersdag.
Ons het dit geniet om rond te loop en alles te bekyk. Dis nou hier waar die hartseer storie inkom. Ek was lus vir lekker vinnig stap, en ek het
die digitale kamera in my hand gehad. En
vir die een of ander duistere rede was ek lus om moeder aarde te soen op
Kersdag…dus ek het neergeslaan, my sweetpak broek se knie stukkend geval, en
Neels het my maar gelate opgeskraap van die sypaadjie. Hy moes my knie so
bietjie verbind want ek het hom oopgeval, en daarna is ons terug resort toe. Die kamera het toe ook sommer ge-crock van
daar af…was nie my skuld nie, REGTIG!!!
Nou eindig ek my brief af!
Voorspoedige Nuwe Jaar! Baie Liefde van
die Dreyer’s in Amerika! Karina,
Neels, Wiekus & Christo