29 December 2007

 

 

Liewe Familie en Vriende,

 

Vandag skryf ek my brief, want as ek my Nuwe Jaar’s voorneme nakom van laas jaar, dan moet ek ten minste een algemene brief skryf hierdie jaar…en dan kan ek dit op my website sit, en walla, ek het ‘n briefie, en Nuwe Jaar’s voorneme nagekom.

 

HPIM1149Hierdie brief gaan net oor ons vakansie na San Diego, die 22ste Des tot die 28ste Des.  En eintlik ook net halfpad, want ons digitale kamera het gebreek, dus is dit net ‘n halwe vakansie hierdie!!  Wel, dit was baie lekker en vir ‘n verandering het ons baie gedoen in die vakansie.  Gewoonlik is ons winter vakansies ‘n tyd van DVD’s kyk en lees en voor die kaggelvuur sit, maar ons was baie verras oor die lekker weer in San Diego. Dit was ‘n week van sonskyn en nie te koud nie, dus het ons elke dag ‘n uitstappie gehad.

 

HPIM1225HPIM1224San Diego is nogal ‘n hele ent se ry van ons af, om presies te wees 400 myl soontoe en 400 myl terug.  Dit is die hele dag se ry.  Wel, met ons nuwe kar wat ons in Augustus gekoop het, is dit eintlik nie te sleg nie.  Neels het die kar baie geniet, hy ry regtig lekker en die sitplekke sit ook lekker.  Seker die beste is dat die kinders hulle Xbox games kan speel in die kar, en hulle kan movies kyk terwyl ons ry.  Hulle het oorfone dat hulle ons nie pla nie, dan kan ons radio luister as ons wil.  Ons het ‘n boek geluister, Trojan Horse van Clive Cussler.  Dit was ‘n baie goeie boek, ons het dit altyd in sarsies geluister en ons kon die CD klaar luister op pad terug van San Diego.

 

Ons het by die Laurence Welk Resort gebly in San Diego.  Ons het by dieselfde oord gebly in Junie 2003.  Toe het ons Lego Land, San Diego Dieretuin en Sea World besoek. Hierdie keer het ons California Adventure park en Disneyland besoek.  Die twee parke is reg oor mekaar, en hulle adverteer California Adventure as ‘n park vir groter kinders, terwyl Disney Land se teiken mark kleuters is. Wel, of jy nou ‘n kleuter is of nie, Disneyland is darem baie mooi!  Ons het so 16h30 aangekom by die Welk Resort  en die son het net begin onder gaan.  Alles was so mooi versier vir die Kersseisoen met liggies.  Dit is ‘n baie mooi oord. Ons het ‘n enkel kamer eenheid gehad, waar 4 mense kon in slaap.   Die kinders het op ‘n uittrek bed geslaap wat ook ‘n sitbank is.  Daar was darem ‘n yskas, skottelgoed wasmasjien, stoof en mikrogolf.  Nou wonder ek by myself, as ek al twee bladsye geskryf het en nog nie by die parke uitgekom het wat ons besoek het nie….gaan een brief dalk nie genoeg wees nie…of ek gaan alles indruk, ek is goed daarmee!   Ek was vanoggend wasgoed…al ons vakansie wasgoed en ek is al besig met my 4de bondel..en daar is seker nog so 23,545,000 bondels oor…of dit voel so.  Ek skryf die brief so tussenin as ek wasgoed opvou en nog ‘n bondel in die wasmasjien sit.  So ek pleit onnosel as die brief nie sin maak nie! 

Terug na die pretparke, Maandag 24 Desember het ons na California Adventure Park gegaan.  Ons was so 9:30 die oggend daar, en daar was al klaar baie mense.


 

Text Box: Ouch!!Text Box: Buckle up!j0355945[1]HPIM2807HPIM2799HPIM2805HPIM2798Ek het nie so ‘n mooi foto van die ingang van die park nie, eintlik het ek net een foto, so ek sit hom in!  Die eerste atraksie waar ons gestop het, was die Condor Flats.  Dit is ‘n rit waar mens op stoele vasgordel en dan beweeg dit rond en voor ons is ‘n groot skerm waar ons vlieg oor California…ag, ek weet nie mooi hoe om dit te beskryf nie. Dit was werklik ‘n baie goeie rit gewees.  Hulle beskryf dit as “Soar and swoop over famous California Landmarks”.  Links bekyk ons nog die kaart om te sien wat is volgende op ons lys van atraksies.  Die California Adventure park het nie so baie oulike ritte soos Disneyland nie, en ons het nie op baie gery nie…net so af en toe deur besienswaardighede gestap.  Regs is ons na die rit en Christo was lus vir ‘n Cinnamon Roll en Wiekus het ‘n choc chip koekie geeet.  Ek en Neels het ‘n ice mocha gedeel. En as julle mooi kyk, kan julle sien dat ek ‘n yspak teen my lip hou.  Dis nou waar hulle die Mucocele uitgesny het die 21ste Des binne my mond.  As julle baie baie mooi kyk met ‘n vergrootglas, dan kan julle seker sien my lip was nog bietjie geswel.  Neels sê dit was nie


baie opvallend nie…maar natuurlik het ek hom nie geglo nie.   Volgende het ons op die HPIM2814Redwood Creek Challenge Trail geloop. Die pamflet sê “Pretend you’re a Brother Bear HPIM2827as you scramble across rope bridges, slide down hollow logs, climb rock walls and more!”  Ek het ‘n foto geneem van die padkaart voor die plek.  Daar was die storie van die Millennium Tree: “Redwoods are…ambassodors from another time.” John Steinbeck.  Every tree has a tale to tell, and the tree’s rings tell us it’s story.  A California Redwood grows by adding a new layer, or ring, of wood to its surface each year, so counting the rings reveals the tree’s age.  Written in the rings of this fallen tree are over 1,000 years of California history from 818 A.D., when it sprouted, to 1937 when it fell.”

Die kinders het lekker geklim en HPIM2830gehardloop op die nette.  Ek het so bietjie stadiger daaroor gegaan…ag ok, dat ek eerlik wees, ek het vasgeklou vir my lewe en baie stadig afgegaan.  Neels het net een hand gebruik, maar ek het altwee nodig gehad!!! Nog ‘n atraksie wat ons gaan bekyk het is die “A Bug’s Land”.  Julle sal seker die fliek onthou “A bug’s life”, dit is daarop gebasseer. 

HPIM2872Ons het die 3-D show gaan kyk, “It’s tough to be a Bug!” (Strap on “bug eyes” for this humorous 3-D adventure).  En dit was nogal oulik gewees!

Ons is nie een lief vir wilde ritte nie, toe doen ons maar die bumper karretjies.  Tog maar snaaks hoe ‘n seun daarvan hou om met geweld in ander vas te ry, maak nie saak of dit stadig of vinnig is nie, solank hy net kan stamp!  Sjoe, ek sien nou ek het al 5 bladsye en ek is nog nie eens klaar met ons een dag by California Adventure Park nie…laat ek maar voortgaan.  Daar was ‘n 3-D muppet show gewees waarna ons ook gaan kyk het, hoekom nie?  Dit het gese “Watch Kermit and friends in 3D!”.  Ons het ook nie lank gewag nie, wat nog ‘n plus punt is.  Vir die een of ander rede is ek en Neels albei nie lief vir so baie mense op een plek nie, ons verkies


maar ons stilte met min mense.  Links is die muppets, en onder is die wagkamer waar mens wag voor die 3D film begin.  Daar is TV skerms op waar die muppets toneel speel, en ek moet sê dis nogal oulik.  Ons het lekker gelag, hulle kan snaaks wees as hulle wil…en dit maak die wagtyd baie aangenamer voor mens ingaan by die teater.  Soos julle kan sien sit die mense sommer op die vloer, daar is allerhande oulike kostuums en goed van die muppets wat daar rond hang.  Toe ons inkom neem ek ‘n deur af wat die oulikste sê-ding op het “Department of making things more expensive than we can afford.”  Muppet 3D FX Labs.  En noudat ek by bladsy 6 trek, moet ek vertel van ons laaste rit vir die dag…”GRR Grizzly River Rafting Co.”  Roar down this white-water raft adventure.  Die kinders was baie opgewonde daaroor, want mens kan lekker nat word, en aangesien ons klaar was vir die dag het ons nie gedink dit maak saak dat ons nat is nie!   Ai, ek moet maar bieg…ek was so naar soos ‘n hond toe ons daar klaar was…ek het my oë die hele tyd toe gehou en aan Neels vasgehou.  Die ou skippie het maar lekker in die rondte gedraai en my maag was nie baie lief daarvoor nie.  Neels en die


kinders het dit geniet en was glad nie naar nie!  Ons het ook nie baie nat geword nie…wat ek dink fantasties was, net genoeg dat die kinders gelukkig was.   Ons het die dag goed afgesluit.  Kersdag is ons na San Diego toe, dit is so ‘n uur se ry van ons oord af gewees.  Ons het eers langs die pad gestop by HPIM2924Carlsbad, ons was daar in Desember 2003.  Ek en Neels het j0424444[1]lekker langs die strand gestap en die kinders het by die see gaan speel…dom van ons om te dink die kinders gaan nie nat word as hulle naby water kom nie…wat kan ek sê, ons leer nie HPIM2919uit ons foute nie!

 

Ons het in San Diego by ‘n hawe gestop. Daar was ‘n vliegtuig skip, maar alles was toe want dit was Kersdag.  Ons het dit geniet om rond te loop en alles te bekyk.  Dis nou hier waar die hartseer storie inkom.  Ek was lus vir lekker vinnig stap, en ek het die digitale kamera in my hand gehad.  En vir die een of ander duistere rede was ek lus om moeder aarde te soen op Kersdag…dus ek het neergeslaan, my sweetpak broek se knie stukkend geval, en Neels het my maar gelate opgeskraap van die sypaadjie. Hy moes my knie so bietjie verbind want ek het hom oopgeval, en daarna is  ons terug resort toe.  Die kamera het toe ook sommer ge-crock van daar af…was nie my skuld nie, REGTIG!!! Nou eindig ek my brief af! 

Voorspoedige Nuwe Jaar!  Baie Liefde van die Dreyer’s in Amerika! Karina, Neels, Wiekus & Christo